Book Creator

Lucky en die groen bal.

by Akuye Johnson & Anine mouton

Pages 2 and 3 of 8

Geskryf deur Akuye Johnson
Geredigeer deur Anine Mouton
Illustreerder: Anine Mouton
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Eendag het Akuye, Simo en Lucky buite gespeel met Lucky se gunsteling rooi bal. Dit was 'n somers oggend en die voels het buite gesing. Akuye en Simo het gelag en gesels terwyl Lucky geblaf het. Akuye het die bal vir Lucky geskop. Lucky het die bal gevang en in die lug opgespring van opgewondenheid.
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Soos hulle gespeel en gelag het, het daar iets gebeur. Die bal het gebreek. Simo en Akuye het groot geskrik. Lucky was bang en het weggehardloop. Akuye het na die bal gekyk en het gesien die bal het gebars. Lucky was hartseer, maar Simo het 'n plan gehad om winkel toe te gaan en 'n nuwe bal te gaan koop.
Simo en Akuye het vinnig gery na die winkel. By die winkel het Akuye en Simo die balle en ander honde speelgoed en honde kos gesien. Akuye het na die balle gekyk, maar die rooi bal was nie in die winkel nie. Simo het vir Akuye gese om die groen bal te vat en toe gaan hulle huis toe.
Toe Akuye en Simo by die huis gekom het, was Lucky in haar hondenhok. Lucky het na hulle toe gehardloop. Akuye het vir Lucky die bal gegee, maar Lucky het niks van die bal gehou nie. Akuye het met die bal probeer speel, maar Lucky het niks van die bal gehou nie. Akuye het toe vir Simo gese dat hulle na Lucky se gunsteling park moet gaan.
Simo het die motor gery na die park. Hulle het nie vir Lucky gesê waarna hulle gaan nie. Lucky was baie opgewonde omdat sy daarvan hou om motor te ry. Akuye het Lucky se leiband vasgehou en kon nie wag om te sien wat Lucky gaan doen as sy die park sien nie.
Toe Simo en Akuye gestop het by die park, was Lucky opgewonde. Sy kon nie wag om uit te klim nie. Akuye het Lucky se leiband aangesit en het na die park geloop.
Akuye het die groen bal gegooi vir Lucky. Eers wou Lucky nie gespeel het nie, maar toe sien sy hoe lekker Akuye met die groen bal gespeel het. Akuye het toe vir Lucky gese dat die groen bal net so lekker speel.
Toe het Lucky begin saam speel. Die drie het toe heeldag by die park gespeel.
Lucky is Akuye se hondjie en Simo haar broer. Hulle drie speel heel lekker met Lucky se bal toe dit breek. Hoe nou gemaak? Gaan Lucky van sy nuwe bal hou? Wat gaan Akuye maak?
Akuye Johnson is 'n graad 2 leerder wat hierdie storie aan haar oorlede hondjie Lucky geskryf het. Sy is 'n gedrewe leerder wat graag vir ander 'n inspirasie wil wees.
PrevNext