Loading...

Loading...

Loading...
Die Magiese BalLoading...

Loading...

Op ‘n Vrydagmiddag, wanneer die son op sy hoogste skyn en fel brand, is daar vir die kinders van die Paarl niks lekkerder as om na ‘n lang week agter die skoolbanke in die naaste park te gaan speel nie.
Vir die twee boesemvriende, Reinhardt en Gideon dui die laaste skoolklok vir die week die begin van ‘n hele naweek se voorbereiding vir die nuwe jaar se rugbyseisoen. Albei staan ‘n goeie kans om hierdie jaar met ‘n eerstespan rugbytrui op die veld te draf. Reinhardt en Gideon kom al saam van kleuterskool dae af. Saam-saam het die twee elke jaar ‘n plek in die top 10 akademie volgestaan, tree as deel van die leierraad op en sien uit om hul Laerskool-loopbaan saam af te sluit. Die twee seuns, geliefd onder hul vriende en onderwysers, kan net in een manier beskryf word; Vinkel en Koljander.

Die park is bedrywig. Kinders wat rondhardloop, balle wat heen en weer bo-oor almal se koppe vlieg, mense wat piekniek hou, en natuurlik die honde wat in hul element is oor al die balle wat nou as speelgoed vir hulle dien.

Reinhardt skop die bal so vêr dat dit tussen die bosse oorkant die sypadjie beland. Reinhardt loop breë bors, baie ingenome met homself op en af, kompleet soos ‘n mannetjiespou terwyl die meisies hom toejuig. Gideon, loop van die een bossie na die volgende opsoek na sy geliefkose bal. Hierdie bal is geteken deur Morné Steyn na die 2007 Wêreld Beker. Hy krap sy kop soos wat hy probeer sinmaak oor hoe die bal sommer net so kon verdwyn het. Al wat hy weet is dat hy glad nie beïndruk gaan wees as díé bal weg is nie. ‘n Entjie verder sien hy ‘n paar draadkarretjies lê. Hy stap nader en soos hy die karretjies bekyk sien hy ‘n seun, sy ouderdom, met sy kosbaarste besitting in sy hande staan.

“Hi!” roep Gideon verlig. “Daardie rugbybal behoort aan my, jy sal sien Morné Steyn se handtekening is daar op.” sê hy met trots. Die seun kyk Gideon met verwarring aan. Gideon stap nader en stel homself voor. “Hallo, ek is Gideon, dankie dat jy my gunstelling rugbybal gevind het” sê hy al glimlaggend. Die seun glimlag. “Hallo, ek is Johan” en gee die bal vir Gideon terug. Die seuns begin gesels asof hulle mekaar al van kleintyd ken.
Bekommerd stap Reinhardt nader, want daar is geen teken van Gideon of die rugbybal nie. Hy hoop nie hy het die bal weggeskop nie, want dit gaan rusie tussen die twee vriende veroorsaak.
Reinhardt kom aangestap en vind die twee seuns al laggend en geselsend. Nie lank nie of al drie die seuns besluit om saam te speel.
Reinhardt kom aangestap en vind die twee seuns al laggend en geselsend. Nie lank nie of al drie die seuns besluit om saam te speel.