Loading...




Lank,lank gelede was daar 'n seuntjie met die naam van Zian.Zain was 'n nege jarige seuntjie wat geboelie was deur ander maats op die skool.

Op Zian se verjaarsdag het ouma Tessa vir hom 'n hond gekoop as 'n verjaarsdag geskenk.Zian het die hond as Diamond gedoop.En van toe af was Zian en Diamond beste maats !

Diamond die hond het elke dag vir Zian by sy skoolhek ingewag en was elke dag verskriklik opgewonde om vir Zian na sewe lang ure te sien.Deur vir Zian te groet was dit Diamond se manier om op hom te spring en in Zian se gesiggie te lek van blydskap.

Een middag na skool kon Diamond Zian nie vind by die skoolhek nie.Diamond het baie hartseer begin voel.Diamond dink toe aan 'n plan om vir Zian op die skoolterrein te gaan soek.

Soos hy na Zian soek,blaf hy die hele tyd "woef !woef !"Miskien as Zian my geblaf hoor sal hy na my toe kom dink Diamond.
O aarde ! toe sien Diamond iets wat sy hart verskriklik seer maak.'n Klomp skoolmaats is besig om vir Zian te slaan !
O aarde ! toe sien Diamond iets wat sy hart verskriklik seer maak.'n Klomp skoolmaats is besig om vir Zian te slaan !