Book Creator

Kietsie kat gaan kuier by Ouma Dotty

by Kirsty Idas

Cover

Loading...
Kietsie kat gaan kuier by Ouma Dotty
Loading...
(Hierdie storie is 'n ander weergawe van Lolla kuier by ouma Lenie-Deur Riëtte Bester)
Loading...
Deur: Liam-Lee Jason
Loading...
Loading...
Illustrasies: Kirsty Idas & Liam-Lee Jason
"Kietsie", sê Ma Selma een oggend toe hulle klaar met die bal gespeel het, “ek het ‘n verrassing vir jou. Jy gaan vir ‘n paar dae by Ouma Dotty kuier.”

Kietsie is só opgewonde, "meow!, meow!" Kietsie kat. Sy is baie lief vir Ouma Dotty. Ouma Dotty is Ma Selma se ma. Sy bly in die dorp langs ‘n groot dam. Dis vir Kietsie baie lekker om by Ouma Dotty te kuier, want Ouma Dotty bederf haar.

Ouma Dotty is baie bly om vir Kietsie te sien.
“Ag jou liewe ding!” sê sy vir Kietsie. “Ons twee gaan só baie dinge doen dat jy nie eers vir Ma Selma sal mis nie.”

Ouma Dotty is ‘n besige ouma, sy is nie ‘n ouma wat koekies bak nie. Ouma Dotty hou daarvan om dorp toe te gaan. Die lekkerste ding vir Kietsie is dat sy oral saam met Ouma Dotty gaan. Kietsie is ‘n soet kat met goeie maniere.

"Kom, kom!" sê ouma Dotty vir Kietsie, "kom ons gaan speel by die dam met jou gunsteling bal."

"Meow, meow", Kietsie kat.
Eendag sê Ouma Dotty: “Kietsie, vandag gaan ek salon toe om my hare en my naels te laat doen. Jy gaan ook salon toe, maar jy gaan na die dieresalon toe!”

Kietsie is baie opgewonde. Sy was nog nooit by ‘n dieresalon nie. Ma Selma bad haar sommer self.

‘n Vrou was vir Kietsie dat die water so spat. "Meowww!" Kietsie geniet die bad so baie.

Sy vryf Kietsie droog met ‘n sagte handdoek. Sy knip Kietsie se naels en verf dit pink. Kietsie lyk tog te mooi.
“Kietsie,” lag Ouma Dotty “ons twee lyk darem mooi! Ons hare blink en ons naels is dieselfde kleur geverf!”
Kietsie begin verlang na Ma Selma.

“Kietsie, raai wie is hier?” sê Ouma Dotty die volgende dag. Daar staan Ma Selma! Ma Selma en Kietsie is baie bly om mekaar te sien. Kietsie loop al rondom Ma Selma se voete. "Meow, meowww!"

Ouma Dotty het lekker kos gemaak vir Ma Selma. Hulle sit en gesels aan tafel. Kietsie lê langs Ma Selma se stoel. Skielik tel Ma Selma vir Kietsie op en sit haar op die tafel neer.

Ouma Dotty se oë rek groot. Kietsie se oë rek ook groot.
“My liefste Kietsie,” sê Ma Selma, “ek het só na jou verlang.

“SELMA!” sê Ouma Dotty geskok. “’n Mens tel nie ‘n kat op die tafel nie!”

“Maar Kietsie is nie ‘n kat nie,” sê Ma selma. “Sy is ‘n prinses.”

“Ag nee!” sê Ouma Dotty. “Al was kietsie by die salon en al is sy skoon, hoort sy nie op die tafel nie. Haal haar af!”

Daardie aand droom Kietsie sy is ‘n prinses.
PrevNext