Book Creator

Die wilde diere

by Charlize Rabie

Cover

Loading...
Loading...
Die wilde diere
Loading...
Geskryf deur Declan & Charlize
Geskryf deur Declan & Charlize
Geredigeer deur Charlize Rabie
Ilustrasies deur : Charlize Rabie (Karakters geteken& Agtergrond geteken en geverf / Declan- Karakters ingekleur)
Eendag was daar ’n Koning leeu met die naam van Leon. Leon het ’n baie belangrike werk, hy is ’n lewensredder by die water gat. Elke oggend klim hy uit sy boomhuis en trek sy werksklere aan. Daai oggend sou hy sy maats Franco en Jaco sien by die watergat. 
Toe Leon werk toe stap sien hy iets by ’n boom lê. Toe hy nader stap sien hy dit is ’n mooi blou eier wat daar lê. Hy kyk op en sien die nes, “Die eier het uit die nes geval!”. Rooran die aap kruip stilletjies weg agter die takke en sien ook die eier wat daar lê. Hy spring toe uit agter die boom, gryp die eier en hardloop weg. 
Rooran hardloop so vinnig hy sien nie die doringbos voor hom nie. Rooran beland toe binne-in die doringbos en sit toe vas. Leeu brul baie hard en Armand die arend kom toe vinnig aangevlieg. Leeu sê vir arend, “Armand, gaan haal daardie eier en bring dit terug!”. Arend vlieg toe hoog in die lug en sien vir Rooran, arend gryp die eier uit sy hand en vat dit toe terug vir leeu. 
“Ek is so bly ons het die eier terug”, sê Leon leeu. Leon stap toe met die eier na die boom waar die nes is om dit terug te sit. “Daardie nes is baie hoog, ek hoop nie ek val nie”, sê leeu benoud. Vinnig klim Leon deur die takke en sit die eier terug in die nes, maar toe hy nou wou afklim toe raak hy bang. 
PrevNext